| Saam luister ons na die Woord van die Here en loop só saam op die pad dat ons ons roeping ontdek en mekaar moed en hoop gee om dit uit te leef. | |
| Die sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Noord-Kaapland is hoofsaaklik ’n plattelandse sinode met 80 gemeentes – waarvan die meeste in die provinsie Noord-Kaap geleë is. Enkele gemeentes (15) is in die provinsie Noordwes (die ring van Mafikeng en die ring van Reivilo). Die sinodale streek het twee “hoofstede”, nl. Kimberley (Noord-Kaap) en Mafikeng (Noord-Wes). Die ander groot sentrum is Upington, in die ooste van Noord-Kaap, aan die walle van die Garieprivier. Nie een van die groot sentra is sentraal geleë in die streek nie. Die sinode strek oor ’n baie wye gebied met groot afstande tussen die onderskeie sentra. Die sinodale kantoor is in Kimberley wat op die oostelike grens van Noord-Kaap geleë is. Die grens na die Oranje Vrystaat is sleg 10 km na die ooste van Kimberley. Indien u meer oor die ringe van die sinode in Noord-Kaapland wil lees, kan u dit doen deur te klik op ringe. |  |
| Verhaal van die sinode Indien u meer oor die verhaal van die sinode van die Ned. Geref. Kerk in Noord-Kaapland wil lees, kan u dit doen deur te klik op verhaal. |
| Kerkseël Indien u meer oor die verhaal en betekenis van die kerkseël van die sinode van die Ned. Geref. Kerk in Noord-Kaapland wil lees, kan u dit doen deur te klik op kerkseël. |
| Sinodale kantoor Fisiese adres: Lawsonstraat 72 Kimberley Posadres: Posbus 1430 Kimberley 8300 Tel 053-8329581/2 Faks 053-832 8212 E-Pos noordkaapsinode@xsinet.co.za Kantoor-ure Maandag tot Vrydag vanaf 08h00 tot 16h30 |  |
|  |  |  |  |
| Ds Mossie Mostert (predikant in sinodale diens) | Me Estha Badenhorst (rekenmeester) | Me Fernette Fourie (sekretariële beampte) | Me Poppie Seekoei (assistent) |
| | | | | | |