Durban Metropool Bediening Durban Metropoolbediening is die inisiatief van die Ring van Durban en onlangs het die Ring van Durban-Suid ook by die Bediening ingekoop. Meer inligting by www.durbanmb.co.za Mentorskapsbediening Gedurende die afgelope maande is die opleiding van mentors in die sinode van KZN voltooi. Die volgende persone is tans as mentors in KZN geakkrediteer: 1. Rupert de Koning 2. Thomas de Wet 3. Henry Eagleton 4. Mike Heaney 5. Theo Human (het reeds soveel mentees as kan behartig) 6. Gert Kok (het reeds soveel mentees as kan behartig) 7. Tertius Naudé 8. Magdalena Reyneke 9. Jamie Rheeder 10. Barry Tolmay 11. Ben van Dyk 12. Willie van Zyl 13. Hantie Plomp 14. Magda Meiring Predikante kan hulle persoonlike mentors met vrymoedigheid uit hierdie lys kies. Hulle kan ook geakkrediteerde lidmate gebruik as menstors (13 en 14). Klik op die naam van die persoon vir ‘n kort CV en kontakbesonderhede (CV’s word geplaas sodra beskikbaar). Gemeentebediening en Ondersteuningsdienste In hierdie bediening fokus ons op gemeentes en hulle behoeftes soos toerustings-programme, admin, bewaring en so meer. Daar word ook bedien ten opsigte van pastoralesorg, saamwees, kategese en toerusting van lidmate. Kontakpersoon: Ds Ben van Dyk, ben@ngkzn.org.za  Gemeenskapsbediening Hier is die fokus op die gemeenskap in die samelewingskonteks. Dit sluit ook in drie kinderhuise, tehuise vir bejaardesorg en gestremdes en die Geestelike Eeufees Monument-bediening. Kontakpersoon: Dr Botha van Aarde, botha@ngkzn.org.za  Jeug Skoolverlaterskampe is daar om Matrikulante voor te berei vir die lewe na matriek. Ongeag of jy verder gaan studeer, gaan werk of oorsee gaan, hierdie kamp is die moeite werd! Vir meer inligting besoek ons by www.skolliekampe.org.za Vrouebediening Die SKV behartig die bediening aan vrouelidmate in sinodale verband. Daar word op gereelde basis konferensies en kampe vir vrouelidmate aangebied. Kontakpersoon: Lea van der Walt, ngk@scottburgh.co.za  Welsynsdienste KZN CMD is ‘n Christelike welsynsorganisasie en lewer maatskaplike dienste op materiële, sosiale en geestelike gebied aan alle mense in nood, ongeag ras, geslag of geloof. Die dienste sluit in voorkoming, versorging en nasorgdienste. Kontak vir dr Botha van Aarde by botha@ngkzn.org.za of (033) 345 2276/7.
 Taakspanne Verskeie taakspanne vul die bediening in KZN aan, onder andere die Taakspan vir Fondse, die Visionerende Leierspan en die Sinodalespan vir Regte. Die Moderamen van ongeveer veertig lede sien toe dat die dienswerk in sy geheel vlot verloop.  |