|
BEMOEDIGENDE TEKENS Al drie Afrikaanse koerante het teen die einde van die week hieroor groot berig, naamlik die totstandkoming van Corruption Watch (CW),’n nie-winsgewende organisasie wat deur Cosatu in die lewe geroep is om korrupsie aan die kaak te stel. By die geleentheid van die bekendstelling van CW, het die minister van justisie oa gesê: “Enige wet wat mediavryheid in gevaar stel, sal verkeerd wees...Die media speel ’n baie belangrike rol in die stryd teen korrupsie... Persvryheid stel die media in staat om korrupsie oop te vlek. Ons het dikwels nie genoeg waardering vir die waghondrol wat die media speel nie... Ons wil hê die media moet voortgaan met sy onvermoeide pogings om korrupsie te ontbloot.” Radebe het gesê dit sal nie in dié stadium vir hom van pas wees om hom oor die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting uit te laat nie, maar hy steun mediavryheid heelhartig. Om die minste te sê 'n bemoedigende gebeurtenis en woorde van hoop.
|